STADIG MAAR SEKER WEN DIE WEDLOOP DIT IS GOED OM JOU WELVAART OOR TYD OP TE BOU

by | Nov 1, 2022

Morningstar bestudeer hoe mense finansiële besluite neem en die hindernisse wat hulle in die gesig staar om effektiewe keuses te maak. Deur middel van ons navorsing oor gedragsfinansiering is ons doel om beleggers beter te verstaan ​​– wie hulle is, wat dit vir hulle beteken om te slaag (in hulle doelwitte) en hoe ons hulle kan help. Ons pas dan hierdie insigte toe om beleggers te help om hul finansiële doelwitte te bereik.

Die bekende belegger, Warren Buffett, het gesê dat “min aspekte van die menslike bestaan ​​is meer emosioneel belas as ons verhouding met geld”. Wanneer dit kom by ons finansiële gesondheid en welstand, is dit amper onmoontlik om ons emosies af te skakel, maar ons kan wel onsself help om die impak van ons emosies en die gevolglike impak daarvan op ons finansies te bestuur.

Wanneer markte wisselvallig optree loop emosies ook hoog, wat dikwels daarnatoe lei dat beleggers vinnige besluite neem wat hulle duur te staan ​​kom. In tye van onrus en paniek in die mark, is die beste strategie om rustig te raak en nie vinnige skuiwe te maak nie. Dit is makliker gesê as gedaan, gegewe die Covid-19-verwante markwisselvalligheid wat ons sedert vroeg 2020 teëkom.

Alhoewel nie veel verander het nie en ons steeds in hierdie nuwe Covid-beheerde wêreld leef, het ons gesien hoe markte amper 70% styg van die laagtepunte wat in Maart 2020 beleef is. Te midde van die verskriklike laagtepunte en die daaropvolgende hoogtepunte, blyk dit dat ‘n interessante tendens na vore gekom het – die aanvanklike vrees van beleggers het begin verander in opwinding en ‘n uitbundigheid oor markte.

Ons sien dat sommige dele van die mark dubbele en/of selfs drie-syfer opbrengste aanhaal. Ons hoor van vriende of kollegas wat enorme bedrae geld verdien het deur in Bitcoin te belê. Ons sien hoe baie beleggers hulle kop skud van teleurstelling – waarom het ek nie meer geld in Tesla belê nie? Hoekom het ek nie meer gewaag nie? Waarom lyk my beleggings so vervelig in vergelyking met ander? Dit is ‘n gedagte wat ek self mee geworstel het.

Soos die noodlot dit wil hê, het ek onlangs die boek van Morgan Housel, The Psychology of Money (‘n sterk aanbevole leesstuk) gelees, en in een van die hoofstukke fokus hy op die konsep van “ryk word” teenoor die “opbou van rykdom”. In hierdie hoofstuk verken hy die teorie dat, hoewel almal glo dat hulle ‘n miljoenêr wil wees, wat hulle regtig wil hê is om ‘n miljoen rand met gemak te kan spandeer. Maar om ‘n miljoen rand te spandeer, moet jy welvaart verwerf vêr bo dit. Tensy jy ‘n wonderlike strategie het om vinnig ryk te word, word rykdom oor ‘n lang tydperk opgebou.

Daar is baie goeie voorbeelde van beleggers wat met verloop van tyd welvaart verwerf het, maar een van die beste suksesverhale is na my eie mening dié van die bogenoemde belegger Warren Buffett. Selfs nadat hy 99% van sy rykdom weggegee het, bly Warren Buffett (volgens Forbes) die vierde rykste man ter wêreld.

Alhoewel daar geen dispuut bestaan ​​dat Buffett ‘n vaardige belegger is nie, weet min mense dat hy ná die ouderdom van 65, 96%[1] van sy rykdom opgebou het. Die geheim van sy rykdom en sukses – stadig maar seker wen die wedloop – hy het sy beleggings die nodige tyd gegee om te groei. Vanaf die ouderdom van 30 het sy beleggings ‘n tydperk van 40 jaar gehad en het hy sy rykdom stadig laat groei. As ons na sy benadering kyk, lyk dit so voor die hand liggend en kan ‘n mens nie anders as om te dink dat hy briljant, maar tog ook ‘n bietjie gelukkig, moes wees nie, maar in werklikheid was tyd en geduld sy grootste bydrae tot sy welvaartskepping.

Vandag se wêreld en beleggingsfilosofieë het wel baie verander. Ons leef in ‘n wêreld waar onmiddellike-belonings die orde van die dag is en geduld is ‘n las wat deur min mense beoefen word.

Ongelukkig is die verhale van individue wat ‘n ‘tegnologiese besigheid’ begin en dit vir miljarde verkoop, die uitsondering en nie die reël nie. Om van nul na miljoenêr te gaan, is nie die orde van die dag nie en die werklikheid is dat, vir die meeste van ons, ons oor tyd ons rykdom moet opbou deur ons swaar verdiende geld ywerig te spaar en te belê.

So vervelig en oninspirerend soos dit mag klink, is dit ook ‘n goeie ding. Ongeag van hoeveel jy belê, as jy net die geduld toepas om jou belegging se saamgestelde waarde te laat groei, en gedissiplineerd aan te hou spaar, deur goeie en slegte tye, en nie afgelei word nie, sal die impak van hierdie samestelling jou verbaas. Saamgestelde rente is werklik die agtste wonder van die moderne wêreld. Op ‘n manier is dit die faktor wat die speelveld gelyk maak vir diegene wat nie oornag miljoene verdien met ‘n tegnologiese besigheid nie. Dit is goed om jou welvaart stadig te laat groei.

Hier is ‘n paar wenke wat jou kan help met die proses:

1) Outomatiseer die spaarproses en maak dit moeilik om te stop.

Stel ‘n vaste debietorder in plek met ‘n vasgestelde bedrag wat van jou rekening af kom sodra jou geld inkom. Betaal jouself eerste, maar moenie dink aan jou spaargeld as ‘n uitgawe nie, want daar is altyd ‘n rede om nie te spaar nie. Dink aan jou “besteebare” inkomste as die bedrag wat jy oor het nadat jou spaarbedrag reeds afgetrek is, en dit sal minder pynlik voel.

2) Moenie so gereeld na jou belegging kyk nie (so teenintuïtief soos dit mag lyk).

In die kort termyn kan markte irrasioneel optree en prysbewegings maak nie altyd sin nie. Herinner jouself daaraan dat jou aandelebelegging ‘n belang in ‘n standvastige onderneming is. Moenie bekommerd wees oor wat die mark in die kort termyn doen nie, maar bly eerder gefokus op watter ondernemings en besighede jy besit en gee hulle tyd om jou geld te laat groei.

3) Moenie beïnvloed word deur jou vriend se warm wenk nie.

Iemand sal altyd glo dat hulle die nuutste beleggings wenk het en sal waarskynlik gretig wees om dit te deel, maar laat jou geld eerder op die regte manier groei. As jy ‘n behoefte het om in ‘n ‘warm wenk’-belegging te belê, doen dit eerder met ekstra besparings en met ‘n bedrag wat jy nie spyt sal wees om te verloor nie. Moenie jou huidige beleggings onttrek daarvoor en die proses van groei en samestelling wat jy ingestel het, onderbreek nie.

4) Jou belegging is nie bedoel om opwindend te wees nie.

As jy eers vrede gemaak het met die feit dat jou belegging 20-30 jaar gaan neem om te groei, is die proses tussendeur eintlik redelik vervelig. Laat dit vervelig wees, dit is wanneer die goeie groei plaasvind.

5) Ken jouself.

Leer om jou reaksies op die volgende voorbeeld gebeure te verstaan: ineenstortings op die mark, goeie wenke, paniek oor slegte politieke nuus, bekommernis oor ons land, ‘FOMO’ om nie Amerikaanse tegnologiese aandele te besit nie, ensovoorts. Sodra jy ‘n interne kontrolelys het oor hoe jy reageer, neem kennis hiervan en skryf neer watter advies jy aan jouself sou gee, sou hierdie gebeure wel plaasvind. As jy nie seker is wat om te sê nie, is dit goeie raad om nie jou reaksie op jou spaargeld en beleggings uit te haal nie. Laat jou spaargeld en beleggings in vrede.

Ten slotte

Oor dekades van bewyse en insig van beleggingsliteratuur is daar een goue draad – die tyd wat jy in die mark spandeer is steeds beter as die tydsberekening van die mark.

Vra jouself af: “Gegewe waar ek nou is, watter aksies bring my nader aan my langtermyndoelwitte?” “Sou ‘n beleggingsverandering in lyn wees met my oorspronklike beleggingsplan en ten gunste wees van die bereiking van my gedefinieerde doelwitte?” Hierdie vrae verskil baie van ‘n vraag soos: “Wat wens ek het ek verlede maand gedoen?”.

Ons glo dat beleggings ‘n langtermyn-strewe is, waaraan mens geduldig bates toekên en sodoende ons beleggings laat groei, om ons finasiële doelwitte te bereik. As jy jouself vang pessimisties voel oor die plaaslike aandelemark, die markte probeer voorspel en wat die toekoms inhou en/of verveeld raak met jou beleggings – herinner jouself aan jou doelwitte en hoekom jy in die eerste plek belê het.

 

Risk Warnings

This commentary does not constitute investment, legal, tax or other advice and is supplied for information purposes only. Past performance is not a guide to future returns. The value of investments may go down as well as up and an investor may not get back the amount invested. Reference to any specific security is not a recommendation to buy or sell that security. The information, data, analyses, and opinions presented herein are provided as of the date written and are subject to change without notice. Every effort has been made to ensure the accuracy of the information provided, but Morningstar Investment Management South Africa (Pty) Ltd makes no warranty, express or implied regarding such information. The information presented herein will be deemed to be superseded by any subsequent versions of this commentary. Except as otherwise required by law, Morningstar Investment Management South Africa (Pty) Ltd shall not be responsible for any trading decisions, damages or losses resulting from, or related to, the information, data, analyses or opinions or their use.

This document may contain certain forward-looking statements. We use words such as “expects”, “anticipates”, “believes”, “estimates”, “forecasts”, and similar expressions to identify forward-looking statements. Such forward-looking statements involve known and unknown risks, uncertainties and other factors which may cause the actual results to differ materially and/or substantially from any future results, performance or achievements expressed or implied by those projected in the forward-looking statements for any reason.

Morningstar Investment Management South Africa Disclosure

The Morningstar Investment Management group comprises Morningstar Inc.’s registered entities worldwide, including South Africa. Morningstar Investment Management South Africa (Pty) Ltd is an authorised financial services provider (FSP 45679) regulated by the Financial Sector Conduct Authority and is the entity providing the advisory/discretionary management services.

+ t: (0)21 201 4645 + e: MIMSouthAfrica@morningstar.com + 5th Floor, 20 Vineyard Road, Claremont, 7708.

[1] * $81,5 miljard van die netto waarde van Warren Buffett se $84,5 miljard dollar het na sy 65ste verjaardag gekom volgens Morgan Housel se beste verkopende boek, “The Psychology of Money”.